Stroop

Hierdie artikel handel oor die vloeistof. Vir die rolprent, sien Stroop (rolprent).
Stroop
Suikerstroop
Hoofbestanddeel Sukrose
Geëet met Brood, pannekoek, vetkoek ens.
Pannekoek met stroop

Stroop (uit die Arabies šarab Engels syrup en via Latyn siropus) is 'n dik, viskeuse, gekonsentreerde vloeistof waarin groot hoeveelhede suiker (by name sukrose) opgelos is. Verlengde periodes van lugdigte bewaring word deur die hoë suikergehalte moontlik gemaak.

Dunner strope word siroop genoem; voorbeelde hiervan is limonadesiroop en esdoringstroop. Dun stroop bestaan vir meer as 'n derde uit suikers, en dik stroop tot 'n driekwart uit suikers. In laasgenoemde bevat die stroop ongeveer 1 250 kJ (= 300 kcal.) per 100 gram produk.[1] Stroop of siroop word as basis gebruik vir geneesmiddels of as voedingsbron.

  1. Suikerstroop Besoek op 15 April 2014

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search